
Die kortlys vir die 2010 M-Net Literêre Toekennings waarop gretig gewag is, is vrygestel. Dit omvat die room van Suid-Afrikaanse letterkunde wat tussen Januarie en Desember 2009 uitgegee is, in alle inheemse tale, asook in Engels. Presies 100 romans is hierdie jaar vir oorweging voorgelê, meer as 30% meer as die inskrywings vir 2009.